PPRuNe Forums - View Single Post - SA Deputy-Pres's Gravy Plane
View Single Post
Old 13th Jan 2006, 20:05
  #37 (permalink)  
Gunship
GunsssR4ever
 
Join Date: Sep 1999
Location: Out there somewhere ...
Posts: 3,816
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Post Ngcuka Weergawe 3

Adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka se kantoor het gister in ’n derde weergawe vandeesweek van presies hóé haar reis na Aboe Dhabi verloop het, ontken dat sy ’n werkvakansie onderneem het. Sy het vakansie gaan hou en basta.

Die vergaderings wat sy dáár gehou het, was “informeel”.

Mnr. Khanyo Gqulu, Mlambo-Ngcuka se raadgewer, sê in ’n brief aan koerantredakteurs beriggewing oor haar eerste persoonlike kommentaar oor die omstrede besoek het die “indruk gewek” dat sy op ’n feitesending na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) was. Die “indruk” het volgens Gqulu uit ’n onderhoud met SAUK-nuus ontstaan. Daarin meld Mlambo-Ngcuka dat hoewel sy met vakansie was, sy dit met werk gekombineer het.
Die Burger volle weergawe
Gunship is offline