PPRuNe Forums - View Single Post - SA Deputy-Pres's Gravy Plane
View Single Post
Old 10th Jan 2006, 09:50
  #1 (permalink)  
Gunship
GunsssR4ever
 
Join Date: Sep 1999
Location: Out there somewhere ...
Posts: 3,816
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Thumbs down Afrikaans : Soustrein vakansie vir Adj President (English versions added)

Die onlangse vakansie van die adjunkpresident van Suid-Afrika, me. Phumzile Mlambo-Ngcuka, en haar gesin het die land se belastingbetalers derduisende rande uit die sak gejaag.
Mlambo-Ngcuka, haar man, mnr. Bulelani Ngcuka, en hul kinders het in Desember in Aboe Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate gaan vakansie hou met een van die lugmag se BBP-vliegtuie.
Die koste van só ’n vlug word volgens kenners op sowat R384 000 geraam, en dít net vir die brandstof. Die vlugbemanning en lyfwagte se buitelandse toelaes en verblyf, landingsheffings en oorvlugmagtigingsonkoste is nié by dié bedrag ingereken nie.
Mlambo-Ngcuka het, na verneem word, vir die vlug gebruik gemaak van die Falcon 900, die lugmag se nommer-twee-BBP-vliegtuig naas die Boeing-straler wat gewoonlik deur pres. Thabo Mbeki gebruik word.

http://www.news24.com/Die_Burger/Nuu...860521,00.html

Last edited by Gunship; 13th Jan 2006 at 20:08.
Gunship is offline