PPRuNe Forums - View Single Post - ZimBOBwe Instructors to teach SAAF pilots ..
Old 13th Mar 2005, 10:37
  #1 (permalink)  
Gunship
GunsssR4ever
 
Join Date: Sep 1999
Location: Out there somewhere ...
Posts: 3,816
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Red face zimBOBwe Instructors to teach SAAF pilots ..

I think it again a tad of bad journalism .. most probably just exchange instructors. In my time they where normally from Israel, Chile and Korea ...

From Rapport : Will search for English version..


Zim-instrukteurs gaan vlieëniers van SA leer vlieg
LOUIS OELOFSE

Studentevlieëniers van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) gaan voortaan deur vlieginstrukteurs van Zimbabwe opgelei word.

Die opleiding sal by die SALM se sentrale vliegskool by Langebaanweg in die Wes-Kaap gedoen word.

Die Zimbabwiërs sal na verwagting binne die volgende paar weke in die land aankom om die huidige groep Suid-Afrikaners wat besig is met opleiding by te staan.

Dié aankondiging is die afgelope week gedoen deur lt.genl. Carlo Gagiano, nuwe hoof van die SALM, op die parade waar vlieëniers wat hul opleiding reeds voltooi het hul vlerkies gekry het.

Gagiano sê die Zimbabwiërs se hulp is ingeroep omdat lugmagte op die sub-kontinent nouer wil saamwerk.

Die aankondiging volg op 'n jaar waarin daar glo onregstreekse aantygings van rassisme was teen die huidige (hoofsaaklik wit) vlieginstrukteurs by Langebaanweg.

Duisende rande se skade is verlede jaar aangerig toe een van die studentevlieëniers 'n harde landing gehad het in 'n Astra-opleidingvliegtuig. Die studentevlieënier het etlike toetse gedruip, maar is nogtans toegelaat om voort te gaan met die kursus.

Ná die voorval het mnr. Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, aangedui dat studentevlieëniers wat toetse gedruip het moontlik na Botswana gestuur gaan word "om vas te stel of hulle werklik gedruip het".

Gagiano sê hy is "absoluut tevrede" met die standaard van die Zimbabwiese instrukteurs. (CARLO : Always had a lot of respect for you mate ... but what a kak comment. - so he is also into CAF politics like Roelf Beukes ended up in.)

Die Zimbabwiese lugmag maak juis gebruik van 'n ouer weergawe van die BAE Hawk, wat die nuwe opleidingsvliegtuig vir Suid-Afrika se vegvlieëniers gaan word.

Gunship is offline