Go Back  PPRuNe Forums > PPRuNe Worldwide > African Aviation
Reload this Page >

Light aircraft down in Mabalingwe

Wikiposts
Search
African Aviation Regional issues that affect the numerous pilots who work in this area of the world.

Light aircraft down in Mabalingwe

Thread Tools
 
Search this Thread
 
Old 24th Apr 2008, 11:06
  #1 (permalink)  
Thread Starter
 
Join Date: Jul 2003
Location: South of the Sahara
Posts: 70
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Light aircraft down in Mabalingwe

Any news on the small aircraft going down in Mabalingwe Game Reserve,near Warmbaths (Bela Bela)???
spice is offline  
Old 24th Apr 2008, 13:32
  #2 (permalink)  
 
Join Date: Jun 2005
Location: Randburg
Posts: 83
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Hi, allegedly an Auto Gyro ?
dr27 is offline  
Old 25th Apr 2008, 19:39
  #3 (permalink)  
 
Join Date: Feb 2005
Location: Asia
Posts: 248
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Twee sterf in vliegongeluk by reservaat
Apr 24 2008 10:13:58:337PM - (SA)

Eagan Williamson

Bela-Bela (Warmbad). - Die eienaar van die Mabalingwe-wildreservaat is gisteroggend in ’n vliegongeluk op dié gewilde vakansiebestemming dood.

’n Vryskutfotograaf het saam met hom gesterf toe mnr. Basie Wessels (64) se girokopter neergestort het.

Die verkoolde oorblyfsels van Wessels en me. Lauren McCall (24), van die African Travel Channel, is omstreeks 09:00 by die uitgebrande girokopter gekry waarin hulle etlike minute vroeër opgestyg het.

McCall was op die plaas besig om beeldmateriaal en foto’s vir ’n program oor Bela-Bela en omliggende gebiede te maak, toe die girokopter uit die lug neergetuimel en dadelik aan die brand geslaan het.

Mnr. Matie Barnard, uitvoerende hoof van Mabalingwe, het gesê almal is erg geskok oor die twee se dood.

“Sy familie is stukkend. Meeste mense by Mabalingwe is nét so gebroke, want baie van hulle werk al sedert die ontstaan van Mabalingwe saam met hom.”

Volgens Barnard het Wessels, die vlieënier, en McCall die vorige dag ook die girokopter gebruik om beeldmateriaal uit die lug te kry.

“Een van die werkers het gesien hoe die girokopter opstyg. Minute later het dit ’n vreeslike snaakse enjin-geluid begin maak. Dit het sowat 700 m verder skielik neergeploeg en in vlamme uitgebars.” Volgens mnr. Allan Hoffman, Mabalingwe se bedryfsdirekteur, is hulp dadelik oor die radio ingeroep en het werkers na die groot bol rook gejaag wat uit die veld opgeborrel het.

“By hul aankoms was die girokopter reeds heeltemal uitgebrand en kon niemand meer iets doen nie.”

Die polisie het die twee oorledenes se oorskot vir ’n nadoodse ondersoek weggeneem. Beamptes van die Burgerlugvaartowerheid het ook tot laat gistermiddag die toneel gefynkam.

Volgens Barnard vlieg Wessels reeds jare lank. Hy het die laaste agt jaar gereeld met die girokopter gevlieg.

McCall, wat môre sou verjaar, se ouers het gisteroggend vanuit Durban na Mabalingwe vertrek.

Wessels laat sy vrou Elsabé (39), sy dogter Shané (9), en sy kinders uit ’n vorige huwelik, mnre. Hannes en Sebastiaan Wessels en me. Josandra Paauw agter. Mnr. Hannes Wessels het volgens Barnard in die laaste paar jaar Mabalingwe se leisels by Wessels sr. begin oorneem.

’n Girokopter is ’n klein tuig wat deur ’n skroefmotor aangedryf word.

Dit het ’n rotor, soos ’n helikopter, maar die rotor is nie aan ’n enjin gekoppel nie. Soos die tuig vorentoe beweeg, draai die rotor, wat dit van die grond lig.
Beta Light is offline  

Posting Rules
You may not post new threads
You may not post replies
You may not post attachments
You may not edit your posts

BB code is On
Smilies are On
[IMG] code is On
HTML code is Off
Trackbacks are Off
Pingbacks are Off
Refbacks are Off



Contact Us - Archive - Advertising - Cookie Policy - Privacy Statement - Terms of Service

Copyright © 2024 MH Sub I, LLC dba Internet Brands. All rights reserved. Use of this site indicates your consent to the Terms of Use.