PPRuNe Forums - View Single Post - Pilot critical ater freak accident !!!
View Single Post
Old 17th Aug 2003, 06:58
  #14 (permalink)  
Gunship
GunsssR4ever
 
Join Date: Sep 1999
Location: Out there somewhere ...
Posts: 3,816
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Unhappy From Annelien Hattingh

Message from Annelien to 31 Sqn (his old Sqn) . The funeral arrangements are at the bottomn for the non - Afrikaans speakers

Saterdag 16 Aug 2003


Aan al die lede van 31 Eskader oudlede,

Ek gaan in afrikaans skryf, verskoon asb.

Baie dankie vir jul almal wat meegevoel betuig het met André se dood. Dit is vir my en die kinders 'n verskriklike verlies. Geen mens sal verstaan wat ons ontneem is nie. André was voorwaar enige vrou se droomman. Ek dank die Here dat Hy hom vir my geleen het, en my so bederf het. Hy was 'n fantastiese Pa vir sy drie seuns. Al was hy baie weg van die huis, het hy altyd kwaliteit tyd saam met ons spandeer. Hy was 'n vriend wat in geloof vir mense 'n voorbeeld gestel het, sonder om dit aan mense op te dring. Hy was nederig, ook stout en 'n terggees. Hy het altyd so lekker gelag as hy iemand 'n poets kon bak. Sekere van julle weet sekerlik waarvan ek praat.

Hy het eendag vir my gesê: "As die Here my die dag kom haal, hardloop ek oop arms na hom toe, en ek sal nie eers terug kyk na jou toe nie" Dit is hoe graag hy wou Hemel toe gaan. Hy het so baie vrae wat hy vir die Here wou vra, en ek kan julle verseker hy is op die oomblik besig om die Liewe Vader se ore op te praat.


LOFDIENS RE'LINGS:

Dit sal DV Vrydag die 22ste om 13h30 in die AGS Kerk Goodwood Kaapstad plaasvind. Ongelukkig sal dit nie 'n Volle Millitêre diens kan wees nie, omdat ons seuns en sy broers ook aandeel in die verrigtinge wil hê, en omdat dit André se wens was dat Ds Johan Crafford eendag as hy sou sterf sy diens moet waarneem.

Jammer ek het skoon vergeet om af te sluit. My gedagtis is nie op die oomblik so mooi agter mekaar nie.

Dankie nogmaals vir almal wat geskakel het, asook die boodskappe op die web.

Liefde groete,
Annalien Hattingh's
Gunship is offline