PPRuNe Forums - View Single Post - 2 Pilots and plane missing ! ! !
View Single Post
Old 22nd Jun 2003, 18:03
  #14 (permalink)  
Gunship
GunsssR4ever
 
Join Date: Sep 1999
Location: Out there somewhere ...
Posts: 3,816
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Lightbulb English Translation "WE ARE NOT CARGO"



I am posting this in Afrikaans as well in another thread as it might have just a clue people are looking for ... here goes a quick translation of important things ...

A short (SMS style) message was left on the answering machine of Du Plessis's dad. Most is not understandable but what was clear (IN ENGLISH) was "we are not cargo".

They speculate here that it means in flying terms: The two where NOT on board or they are NOT injured.

Rumours started again that the aircraft was seen in Nairbo at Jomo Kenyatta. Mr Du Plessis snr carries on that his son was a professional piot and he had 2 GPS and he would not have got lost as he knew the area very well and the weather was great.

Kenya confirmed that the aircraft was never there. The search goes on ....



En dis veral 'n boodskap wat verlede Sondag, toe hul verdwyning nog nie in die media bekend was nie, op Du Plessis (31) se pa se antwoordmasjien gelos is wat die families hoop gee.

Dit klink soos 'n SMS wat elektronies teruggelees word, en die grootste deel is onverstaanbaar. Tog is daar een sin in Engels wat baie duidelik sê die Suid- Afrikaners "is nie vrag (cargo) nie".

In lugvaarttaal beteken dit een van twee dinge: die twee was nie in die vliegtuig nie, of hulle is nie beseer in die vliegtuig nie.

Die boodskap bevat ook die name van die verdwene Du Plessis se pa, Gerrie, asook sy ma, Marina, en klein Jaco, sy babaseun van nege maande. Louw se vrou, Gina, se selfoonnommer word ook genoem.

Mev. Gina Louw sê hulle weet nie wat die boodskap beteken nie. Die nommer waarvandaan dit gestuur is, kon nie opgespoor word nie, maar die families het die boodskap na deskundiges gestuur in die hoop dat hulle meer daarvan sal kan ontsyfer.

Louw sê sy en haar man het juis afgespreek dat hulle nie kontak sou maak totdat hy terug is by die huis nie.

"Gewoonlik as hy in die buiteland is, kommunikeer ons per e-pos, maar ons het afgespreek dat ons nie dié keer sal praat nie."

Sy sê haar man sou haar beslis laat weet het as hulle nie verlede Donderdag sou terugkom nie, of as hulle 'n ander roete sou neem. Dit is dalk wat die boodskap wou oordra.

Die boodskap, asook berigte uit Tanzani' en Kenia dat die vliegtuig vroe'r die afgelope week op die Jomo Kenyatta-lughawe in Nairobi in Kenia gesien is, het die raaisel laat verdiep.

Mnr. Gerrie du Plessis sê sy seun sou nooit so 'n groot fout begaan as om in die teenoorgestelde rigting te vlieg nie. Kenia is noord van Tanzani'. Du Plessis jr. ken die roete en vlieg dit al vyf jaar.

Louw is ook 'n beroepsvlie'nier.

"Buitendien, benewens die vliegtuig se navigasie-instrumente het Jaco twee GPS-toestelle by hom gehad.

"Ek kan nie glo dat hy só van koers sou raak nie. Dit was ook 'n mooiweersdag in Tanzani' en daar was nie rede dat hulle van koers af sou dwaal nie."

Albei families is ook seker dat die twee op pad terug was na Suid-Afrika en dat hulle nie nog ander draaie wou maak nie.

Du Plessis se pa gee toe dat daar dalk ongerymdhede betrokke kan wees, maar hy wil hom nie steur aan gerugte nie.

Die owerheid in Kenia ontken dat die vliegtuig op die lughawe in Nairobi was. Dié bewering het gekom van 'n ambassadelid van 'n groot moondheid. Dié teenstrydige inligting stem die families tot kommer.

Die Suid-Afrikaanse ho' kommissariaat in Kenia het glo ook by die Keniaanse owerheid navraag gedoen, maar is meegedeel die vliegtuig was nie in Nairobi nie.
Me. Nomfanelo Kota, woordvoerder van buitelandse sake in Pretoria, sê die Suid-Afrikaanse ho' kommissariaat in Kenia sal die inligting verder opvolg as dit bevestig kan word.

Intussen het Tanzani' begin om sy soektog na die vliegtuig af te skaal. Die land se hoof van burgerlugvaart het gesê die soektog sal net heeltemal afgelas word indien die vliegtuig of die wrak opgespoor is.

Du Plessis sr. sê as die owerheid bes gee, sal hy aanhou soek. "Ek weet nog nie wat ons sal doen nie, maar ons kan nie tou opgooi nie."

Hy het intussen iemand na Tanzani' gestuur om onafhanklik van die owerheid moontlike leidrade op te volg.

Hoewel albei families vas glo die twee mans sal binnekort tuis wees, het die gewag 'n tol begin eis.

"Ons emosies ry wipplank. Eers is daar goeie nuus en skielik is daar weer slegte nuus. Dit is baie uitputtend," sê Du Plessis.

Gunship is offline