PPRuNe Forums - View Single Post - Wonderboom Schedule Operations!!
View Single Post
Old 25th November 2009 | 20:51
  #45 (permalink)  
cigar
 
Joined: Mar 2005
Posts: 71
Likes: 0
From: Johannesburg, RSA
Interesting article in die Beeld re: Interlink's PRY ops.
Interlink se vlugte van Wonderboom-lughawe na Kaapstad reeds gewild
2009-11-25 02:36

Cobus Claasen

Interlink Airlines se eerste kommersiële vlugte van die Wonderboom-lughawe na Kaapstad is reeds gewild onder Pretorianers.

Dié operateur het gister gesê die daaglikse vlugte na Kaapstad het tot dusver ’n 80%-besprekingsyfer.

Interlink se debuutvlug het Vrydag van dié lughawe vertrek nadat hy vroeër ’n tender van die Tshwane-metroraad gekry het om die diens te lewer.

Die eerste vlugte sou reeds einde verlede maand plaasgevind het, maar die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het dit tydelik laat uitstel toe dit aan die lig gekom het Interlink het nie ’n lugbedryfsertifikaat om geskeduleerde of nie-geskeduleerde vlugte van Wonderboom te bedryf nie.

Interlink het die spesifikasies (van die Wonderboom-vlugte) laat by die BLO ingedien en dit het nie aan die burgerlugvaartregulasies en tegniese standaarde voldoen nie.

Interlink het verlede week die BLO se ja-woord gekry om met die diens te begin.

Mnr. Neil Baines, wat Interlink se bemarking behartig, het gister gesê daar is tans ’n gemiddelde van twee vlugte per dag.

“Nie al die vlugte is volbespreek nie en ons het al ’n vlug of twee gekombineer. Sommige vlugte is gewilder as ander, maar in die algemeen lyk die belangstelling baie goed.”

Interlink gebruik twee Boeing 737-200’s vir die vlugte, het hy gesê.

Interlink beplan om teen 11 Desember met vlugte na Durban te begin. “Die tydsberekening is goed met die vakansiespitstyd wat op ons is.”

Baines het gesê die BLO se ingryping was nie veel van ’n struikelblok nie. “Interlink het nie ’n verlies gely nie omdat daar geen vlugte was nie.”

Die diens sal volgens Baines teen Maart na Polokwane en die Krugerwildtuin uitgebrei word. Vlugte na George en Port Elizabeth sal later volg.

- Beeld
Source: News24 - Error
cigar is offline  
Reply