PPRuNe Forums - View Single Post - The Huey in Capetown (including Huey down)
Old 14th Dec 2005, 11:44
  #583 (permalink)  
Deanw
 
Join Date: Jan 2003
Location: Cape Town (where else?)
Posts: 579
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Huey moet weg by V&A – hof
13/12/2005 23:15 - (SA)

Huey doen noodlanding by basis

LLEWELLYN PRINCE

KAAPSTAD. – Die operateurs van die bekende Huey-helikopter is by die V&A Waterfront uitgesit nadat die huurooreenkomste verbreek is.

Regter Jeanette Traverso het in die Kaapse hooggeregshof die V&A Waterfront Properties se kansellering van Helicopter and Marine Service (Edms.) Bpk., The Huey Extreme Club en Madiba Air and Sea (Edms.) Bpk. gehandhaaf.

Sy het beveel Helicopter and Marine Services en al sy belanghebbendes moet uit die gehuurde kantoorperseel en van die helikopterlandingsplek by die Waterfront verwyder word.

Luidens hofstukke is twee hofaansoeke vir die uitsetting van Helicopter and Marine Services, ’n skip en alle ander skepe wat onder laasgenoemde se ankerregte by die Waterfront vasgemeer is, ingedien.

In dié hofaansoeke het die Waterfront aangevoer dat Helicopter and Marine Services hom baie meer as R500 000 aan huurgeld skuld en dus sy huurooreenkoms verbreek het.

Helicopter and Marine Services het luidens hofstukke betoog hy het die bewaringskoste betaal waarvoor die Waterfront aanspreeklik was. Daar is aangevoer die agterstallige huurgeld kon van dié koste afgetrek word.

Luidens hofstukke het die Waterfront aangevoer die huurgeld was meer as die bewaringskoste. Hy is in die voortslepende sage tussen die partye weer na die hooggeregshof om Helicopter and Marine Services te laat uitsit. Traverso het in die uitspraak gesê die verweerders het “aangeneem dat die aansoeker nie geregtig is om die huurooreenkomste te kanselleer nie”.

Volgens haar is dit gemene saak dat elke keer as huur nie betaal word nie, dit ’n nuwe verbreking van die huurooreenkoms is. Geen konkrete bewysstukke is ingedien wat Helicopter and Marine Services se bewering kan staaf dat hy bewaringskoste betaal het nie.

Helicopter and Marine Services is beveel om die Waterfront se regskoste te betaal, wyl laasgenoemde beveel is om The Huey Extreme Club en Madiba Air and Sea se regskoste te betaal.
Die Burger
Deanw is offline