PPRuNe Forums - View Single Post - Helderberg: The Mystery Solved?
View Single Post
Old 31st Aug 2001, 00:46
  #35 (permalink)  
The Guvnor
Guest
 
Posts: n/a
Cool

Nog Helderberg-nuus van Beeld:

H'berg-vlugopnemer moet weer ontwar word - Omar
Philip de Bruin

Die minister van vervoer, mnr. Dullah Omar, het opdrag gegee dat die oorspronklike vlugopnemer van die Helderberg-rampvlug vir 'n tweede keer na die VSA geneem word om daar ontwar te word.

Omar se opdrag is dat die National Transportation Safety Board (NTSB) van die VSA die ontwarrring doen. Die NTSB word as een van die gesaghebbendste vervoerveiligheidsliggame ter wêreld beskou.

Dié ontwikkeling in die hernieude ondersoeke na die ware oorsaak van die Helderbergramp in 1987 is gisteraand deur mnr. Mark Whale van die Skerpioene aan Beeld bevestig. Whale ondersoek die Helderberg saam met adv. John Welch van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Een van die aspekte wat die NTSB spesifiek oor verslag moet doen, is die bewyse wat in 'n nuwe transkripsie van 'n afskrif van die vlugopnemer gevind is dat 'n bemanningslid van die Helderberg - vermoedelik kapt. Dawie Uys, die vlie'nier, self - in 'n stadium gesê het dat daar vuurpylbrandstof aan boord is en dat dit vermoedelik die brand veroorsaak het wat tot die ramp gelei het.

Die transkripsie met die vuurpylbrandstof-bewerings in is in Julie deur mnr. Jack Mitchell, 'n forensiese kundige van die VSA, bekend gemaak nadat hy die Helderberg se vlugopnemer met die hulp van die mees moderne ontwarringsapparaat ter wêreld ontwar het.

Dit was juis 'n vroe're ontwarring van Mitchell in Mei verlede jaar wat daartoe gelei het dat Welch en Whale aangestel is om opnuut ondersoek te doen na die Helderbergramp. Hulle is aangestel nadat verskeie onthullings gepubliseer is oor die moontlikheid dat daar plofstowwe aan boord van die Helderberg was.

'n Jaar gelede het Welch en Whale die oorspronklike vlugopnemer na die FBI in die VSA gevat. Die FBI het toe bevestig dat die kopie van die vlugopnemer waarmee Mitchell gewerk het 100% klop met die oorspronklike vlugopnemer.