PPRuNe Forums - View Single Post - Van down in the Congo
View Single Post
Old 1st May 2006, 06:00
  #39 (permalink)  
ccman
 
Join Date: Apr 2006
Location: SA
Age: 59
Posts: 6
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Beeld - 01-05-2006

2de SA vliegtuig stort in twee dae in DRK neer
Apr 30 2006 09:52:24:310PM - (SA)

DisplayAd('C1');function Ads_PopUp() {}
DisplayAd('C2');function Ads_PopUp() {}

Erika Gibson
Die wrakstukke - moontlik dié van die tweede Suid-Afrikaanse vliegtuig wat in twee dae in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) neergestort het - is gister op die derde hoogste bergpiek in Afrika tussen dié land en Uganda gevind.
Mnr. Peter Smerdon, woordvoerder van die VN se Wêreldvoedselprogram (WVP) in Nairobi, het gistermiddag gesê die onherbergsame gebied bemoeilik tot dusver die positiewe identifisering van die vliegtuig, sowel as die toestand van die drie insittendes.
Die kaptein van die vliegtuig, 'n Suid-Afrikaner, en sy Suid-Afrikaanse vrou was aan boord, tesame met 'n Kanadese mede-vlieënier van Montreal, het mnr. Mark van Buuren, kontrakbestuurder van King Air Services by die Lanseria- lughawe, gesê. Vroeër het mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van buitelandse sake, volgens Sapa gesê daar was geen Suid-Afrikaners aan boord nie.
Die vliegtuig het op kontrak vir die WVP gevlieg en het Vrydagoggend onderweg van Goma na Bunia in die ooste van die DRK in die Ruwenzori-gebergtes vermis geraak.
Volgens Smerdon het 'n soek- en reddingspan van Monuc, die VN se sending in die DRK, met 'n helikopter sedertdien na die wrak gesoek.
Wrakstukke is gister uit die lug gesien, maar die helikopter het twee keer tevergeefs in die onherbergsame gebied aan die Ugandese kant probeer land.
Die piek waarteen die vliegtuig vermoedelik vasgevlieg het, staan bekend as die Margharita-piek. 'n Ugandese reddingspan sou moontlik teen laat gistermiddag per pad die wrak probeer bereik het, maar Smerdon het gesê dit kan eers vandag begin.
Die ligte vliegtuig, 'n Cessna Caravan, het glo in gure weer in die piek van 3 600 m vasgevlieg. Volgens Van Buuren is King Air Services reeds meer as 'n jaar in die gebied gekontrakteer om personeel van die WVP rond te vlieg.
Nóg 'n Suid-Afrikaanse vliegtuig, 'n Convair 580, het Woensdag óók van Goma onderweg na Lubutu neergestort en aan die brand geraak.
Kapt. André Nel (53) en mnr. Charles Greyvenstein (37) - albei ervare vlieëniers met duisende vliegure op hul kerfstok - het saam met twee Kongolese bemanningslede in die ongeluk omgekom.
Gerugte in die gebied wou dit hê dat die vliegtuig moontlik met 'n vuurpylgelanseerde granaat (RPG) neergeskiet is.
Ingeligtes wat in die gebied vlieg, het gister gesê daar word verwag dat dit in die aanloop tot die Kongolese verkiesing in Junie al hoe onveiliger gaan word om in die ooste te vlieg. Sekere politieke groeperings in dié gebied is nié ten gunste van die verkiesing nie omdat hulle dan waarskynlik hul beheer in die gebied sal moet opgee. Al blyk dit asof die vliegtuig by eindnadering sy een vlerk in die grond gesteek het, versprei dié groeperings disinformasie om vrees te saai, terwyl hulle heeltemal goed toegerus is om vliegtuie op dié hoogte neer te skiet, is aan Beeld gesê.
ccman is offline