PPRuNe Forums - View Single Post - Sad day for Namibian avaition.
View Single Post
Old 11th Aug 2005, 10:31
  #17 (permalink)  
abc.fp
 
Join Date: May 2005
Location: Africa
Age: 50
Posts: 38
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Danie van der Merwe 'n inspirerende mens
• Ronelle Rademeyer

DIE geliefde Namibiese sakeman en vlieënier wat Sondagmiddag in helikopter-ongeluk buite Windhoek gesterf het, het dit nie “gemaak” in die lewe omdat hy van armmanskind tot suksesvolle sakeman kon vorder nie.
Hy het dit “gemaak” omdat hy blywende indruk kon laat op almal wat sy pad gekruis het.
Familie, vriende, kennisse, leerlinge van die skole waar sy kinders skoolgaan asook van die land se voorste sakelui het gister die NG kerk in Eros volgepak om vir oulaas hulde te bring aan mnr. Danie van der Merwe (48), eienaar van Comav.
Ds. Fourie van den Berg het in sy gedenkboodskap gesê mense plaas dikwels premie op dít wat verlore gaan.
“Ons kyk na mense en bepaal of hulle dit gemaak het in die lewe aan die hand van hulle finansiële en materiële suksesse. Ja, Danie hét dit gemaak op die gebied. Hy het aan die verkeerde kant van die spoorlyn grootgeword en kon daarin slaag om vir homself suksesvolle sakeryk op te bou. Maar dit is nie waarvoor ons hom sal onthou nie.
"Ons sal Danie onthou vir die diep indruk wat hy op mense gemaak het. Hy het die talente wat God hom gegee het, gebruik om van die wêreld beter plek te maak," het ds. Van den Berg gesê.
Mnr. André Compion, goeie vriend en eertydse sakevennoot van mnr. van der Merwe, het in roerende afskeidsbrief sy nalatenskap só opgesom: "Jy het nooit vergeet om vir ander mense te wys hoe belangrik hulle vir jou is nie. Jy los my agter met die grootste inspirasie."
Mnr. Sakkie Kaulinge, uitvoerende direkteur van Comav, het in ewe roerende huldeblyk gesê "ouboet Danie" was sy held, sy mentor en sy vriend.
Mnr. Van der Merwe wat sy vrou, Hettie, en hulle drie kinders, René, Tanya en Daniël agterlaat, se oorskot is na die gedenkdiens veras.
Hy is dood toe sy Robinson R-44 helikopter laat Sondagmiddag teen kragdrade vasgevlieg en neergestort het.
Hy was van sy plaas buite Windhoek op pad terug na die Eros lughawe toe die ongeluk plaasgevind het.

Heard very disturbing rumours that the MD of Air Namibia denied his staff the right to publish their condolences in the local media.

To make things worse: an Air Namibia staff member who went by the COMAV offices to offer his/her condolences in person has been instructed to report back in writing, accounting for each minute he spent at COMAV.

I\'m starting to understand why there are no more smiles to be seen and no more greetings to be heard around the NMB offices.

Any comments? (Hopefully somebody can prove me wrong)
abc.fp is offline