PPRuNe Forums - View Single Post - Murad Ismail / Interlink in the Dock
View Single Post
Old 27th Jun 2005, 11:27
  #1 (permalink)  
SebasW
 
Join Date: Feb 2005
Location: Pretoria
Posts: 50
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
Talk about dodgy ops!!!

Found this in afrikaans but maybe someone can post this in english for all to see...

BEELD
Baie vrae, maar dié operateur vlieg nog


Vrae word in lugvaartkringe gevra oor hoekom 'n operateur in dié bedryf wat reeds 'n rits beweerde onreëlmatighede agter sy naam het, steeds toegelaat word om ingevolge 'n staatskontrak vliegdienste aan BBP's en ander regeringslui te verskaf.

Dié operateur word verantwoordelik gehou daarvoor dat 211 polisie- en brandweermanne en amptenare van korrektiewe diens te nié meer eersdaags aan die wêreldpolisie-en-brandweerspele in Kanada kan deelneem nie omdat die vliegtuig waarmee hulle sou vlieg, die bemanning en die vliegmagtigings glo verdag is.

Dit is dieselfde operateur - InterLink Airways - wat in Januarie 'n vliegtuig vir mnr. Jacob Zuma, toe nog adjunkpresident, moes reël om oudpres. Nelson Mandela se seun se begrafnis by te woon.

Dié straler moes weens tegniese probleme op Waterkloof-lugmagbasis se aanloopbaan net voor opstyging en met Zuma reeds aan boord, noodremme aanslaan wat veroorsaak het dat drie van die bande gebars het.

Tydens 'n vergadering wat Donderdagoggend deur hooggeplaastes van die polisie by die Johannesburgse Lughawe gehou is om die jongste probleme te probeer bylê, het dit aan die lig gekom dat die bepaalde DC10-vliegtuig in Swaziland geregistreer was en glo nié oor 'n buitelandse operateurspermit beskik het nie.

Ghanese vlieëniers sou vir die vlug gebruik word, maar hulle was glo nie gesertifiseer vir dié soort vliegtuig nie.

'n Enkele Britse kaptein sou aan diens moes bly vir meer as 20 uur, wat die internasionale toelaatbare maksimum vliegtyd sou oorskry.

Geen oorvlieg- of landingsregte is glo vooraf vir die vlug verkry nie, wat beteken die vlug sou as onwettig gereken en landing by lughawens geweier kon word .

Die vliegtuig het glo ook nie klaring gehad om in Kanada te land nie. By nadere inspeksie het die burgerlugvaartowerheid (BLO) gevind dat die inspeksiedatum vir die lewensbaadjies op die vliegtuig lank reeds verval het.

In die lig van dié tekorte sou die vlug ingevolge BLO-regulasies onveilig gewees het.

Terwyl dié vergadering Donderdag aan die gang was, is daar glo ondanks die probleme probeer om die passasiers in te weeg en aan boord te laat gaan.

Die eienaar van die vliegtuig, wat nié vir die bemanning of die magtigings verantwoordelik was nie, het glo toe die verhuring van die vliegtuig teruggetrek.

Die vliegtuig is deur die depar temente van veiligheid en sekuriteit en van korrektiewe dienste aangelê vir die vlug. Woordvoerders van die polisie, korrektiewe dienste en die BLO het gister ondersoeke na die voorval bevestig. "
Just shows you how some companies operate!!!
SebasW is offline