PPRuNe Forums - View Single Post - Huey Incident ?
Thread: Huey Incident ?
View Single Post
Old 21st Jan 2004, 19:12
  #12 (permalink)  
Deanw
 
Join Date: Jan 2003
Location: Cape Town (where else?)
Posts: 579
Likes: 0
Received 0 Likes on 0 Posts
From Die Burger newspaper (apologies for the Afrikaans, but the story didn't seem to make the other Cape Town papers).

The only 'new' item of interest is that stones were thrown at the opposition helicopter Thank you, thank you very much

BLO het glo vlerke van Stormers se helikopter geknip
21/01/2004 00:40 - (SA)

KAAPSTAD. - Die helikopter waarin die Stormers na 'n oefenkamp in Bainskloof gebring is, is vroe'r vandeesmaand glo deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) belet om te vlieg omdat die owerheid na bewering verhinder is om inspeksies uit te voer.

Intussen het die BLO strafregtelike klagte teen die Huey Extreme-klub ingedien weens dié weiering.

Volgens die BLO is die Huey sedert 7 Januarie belet om te vlieg.

Mnr. Gavin Lewis, woordvoerder van die Stormers, het gister bevestig die span is uit Kaapstad met die Huey-helikopter na hul oefenkamp gebring.

Dit volg midde-in 'n twis tussen twee Kaapse helikopterondernemings nadat een se vlie'nier die ander se helikopter glo met klippe bestook het.

Mnr. Ernest Macdonald, eienaar van Sport Helicopters in die Waterfront, beweer mnr. Gary van der Merwe, voorsitter van die Huey Extreme-klub, het Maandag by Bloubergheuwel klippe na sy helikopter gegooi.

Van der Merwe het gister erken 'n paar klippe is gegooi terwyl Sport se helikopter bo die Huey gehang het. "Hulle het sand en stof opgejaag. Ons het hulle gevra om pad te gee."

Macdonald het gesê sy personeel het Maandag na die Huey naby Bloubergheuwel gaan kyk nadat hulle verneem het die helikopter het Saterdagoggend daar geland.

Volgens Van der Merwe het die Huey se luginlaatstelsel iets ingesluk tydens Saterdag se landing. Hy het besluit om om veiligheidsredes die helikopter per vragmotor na die loods te neem.

Van der Merwe het gesê die klub het in Desember 'n hooggeregshofbevel teen die BLO gekry wat bepaal hy mag die helikopter bedryf totdat die BLO 'n geldige rede gee waarom dit op die grond moet bly. Die Huey het reeds 14 inspeksies van die BLO ondergaan.

Van der Merwe het beweer die BLO het die laaste inspeksie gekanselleer.

Volgens die BLO is inspekteurs toegang tot sommige dokumente van die Huey geweier - (Carel van Dyk)
Deanw is offline