PDA

View Full Version : Grootbaas van Intensive Air gesekwestreer


Gunship
4th Jan 2003, 23:01
Anybody wants to translate ? :p

Dr. Kobus Louw, hartchirurg en eienaar van die bankrot lugdiens Intensive Air, het die stryd om uit die kloue van sy krediteure te bly verloor nadat 'n aansoek deur die oliemaatskappy Total om hom persoonlik in voorlopige sekwestrasie te plaas deur die Johannesburgse hooggeregshof toegestaan is.

Total se aansoek is die tweede poging vanjaar van sy krediteure om hom persoonlik te sekwestreer.

'n Aansoek van Absa in Mei vanjaar om sy voorlopige sekwestrasie is uiteindelik buite die hof geskik. In die aanvanklike aansoek het Absa aangevoer Louw skuld hom sowat R33 miljoen.

Louw het onder honderde van sy voormalige passasiers berug geword toe sy lugdiens in April vanjaar skielik alle vlugte opgeskort het en passasiers op lughawens in Kaapstad en Johannesburg gestrand was. Intensive Air is kort daarna deur Total in voorlopige likwidasie geplaas.

Sedertdien heers onsekerheid oor of die honderde passasiers wat kaartjies gekoop het voordat die lugdiens in duie gestort het ooit weer die geld sal sien.

Rapport het vroe'r vanjaar berig passasiers het hul reisgeld in 'n persoonlike bankrekening van Louw inbetaal en dat die rekening nie een van dié is wat ná die voorlopige likwidasie van die lugdiens bevries is nie.

Sedertdien het oproepe herhaaldelik opgeklink - veral van die likwidateurs wat met die Intensive Air-boedel gemoeid is - dat Louw persoonlik gesekwestreer word in 'n poging om van dié geld te verhaal.

In sy aansoek wat verlede maand by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien is, voer mnr. Saleem Ebrahim, regsadviseur by Total, aan dat Louw die maatskappy sedert April vanjaar R1 miljoen plus rente skuld.

Total het in Junie vanjaar 'n beslagleggingsbevel teen Louw gekry, maar toe die balju by sy huis in Houghton opdaag, is hy meegedeel dat alles in die huis aan sy vrou, mev. Heather Louw, behoort en dat hulle buite gemeenskap van goedere getroud is.

Ebrahim sê Louw het toe aangevoer dat hy 'n plaas in die Fouriesburg-omgewing besit en dat daar ook vliegtuie van hom op die Johannesburgse Lughawe staan.

In September het Total beslag gelê op 'n paar stuks vee en werktuie op die plaas ter waarde van R176 850.

Ebrahim sê hoewel Louw voorgegee het dat hy vee het waarop beslag gelê kan word, was daar "net sewe koeie, sewe kalwers en een bul".

"Drie dae nadat Louw die balju in Johannesburg ingelig het dat hy vliegtuie op die Johannesburg Lughawe het, is al hierdie vliegtuie verkoop op grond van 'n magtiging wat hy aan ander krediteure gegee het."

Total voer dus aan dat Louw homself doelbewus insolvent gemaak het voordat hulle op sy bates beslag kon lê.

Die skikking wat hy met Absa bereik het nadat die bank hom vroe'r wou sekwestreer,
het ook meegebring dat ander krediteure voorkeur gekry
het.

Louw het in hofstukke die bewerings ontken en gesê Total het bloot gefaal om sy beslagleggingsbevel uit te voer voordat die vliegtuie verkoop is.

USE THE RUDDERS
4th Jan 2003, 23:12
What's that in English please Gunn's

Cheers

Sultan Ismail
5th Jan 2003, 03:23
In a nutshell:-

Mr. Louw owes ABSA Bank 33 million Rand, he doesn't have the cash but is willing to pay back in kind, that is, with " 7 cows, 7 calves and a bull".

Of course I may have misread it!

But as this is Africa it does seem about right.