Gunship
12th Feb 2005, 20:21
:sad: Very sad news ... one of the best engineers I have ever worked with and I am sure a lot of drivers will acknowledge that ... a sad day :sad:
I could only find this piece in the news in Afrikaans : From BEELD
n Suid-Afrikaanse vlugingenieur is dood en twee Chinese word steeds vermis nadat 'n helikopter in 'n gru-ongeluk in die hawe van Shanghai eers teen 'n vragskip gebots en toe in die Yangtzerivier neergestort het.
Die Suid-Afrikaner, mnr. Russell du Preez, het etlike jare as vlugingenieur in die Suid-Afrikaanse lugmag gedien - onder meer by 17 Eskader in Pretoria.
Die ongeluk het Vrydagoggend in stormagtige weer gebeur toe die MD900-helikopter 'n Singapoerse vragskip die hawe sou inlei.
Die Chinese kaptein van die skip was aan boord van die helikopter. Hy is een van die twee mense wat vermis word.
Die Kanadese helikoptervlieënier kon gered word.
Die departement van buitelandse sake het Vrydagmiddag die ongeluk bevestig. Volgens mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder, is die Suid-Afrikaanse missie in Shanghai in verbinding met die Chinese owerheid om die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het te bepaal.
Du Preez se familie is reeds in kennis gestel.
Die departement van buitelandse sake is besig om hulle te help om China toe te gaan sodat sy oorskot na Suid-Afrika gebring kan word.
Die Chinese nuusagentskap, Xinhua, berig dat reddingspanne Vrydag nog na die twee vermistes gesoek het.
Die helikopter het Donderdagoggend in gure weer teen die vragskip gebots.
Teen Donderdagaand is dele van die wrak opgespoor, maar die vlugopnemer kon nog nie opgespoor word nie.
Die vlugopnemer is gewoonlik uiters belangrik om te bepaal wat tot 'n vliegongeluk gelei het.
Die helikopter het met die skip gebots toe dit die skeepskaptein op die skip wou aflaai.
Volgens voormalige lugmagkollegas van Du Preez was hy een van die lugmag se mees bekwame vlugingenieurs.
Hy het in verskeie helikopter-eskaders gedien, waaronder 22 Eskader in Kaapstad en 17 Eskader in Pretoria.
Die departement van buitelandse sake het namens die Suid-Afrikaanse regering sy meegevoel met sy familie betuig.
RIP Russell - condolences to his family