PPRuNe Forums - View Single Post - Results ATP-scam investigation
View Single Post
Old 9th Oct 2000, 14:19
  #44 (permalink)  
Springbokkie
Guest
 
Posts: n/a
Post

In the Beeld this morning:

Aanvallers het glo die dogter van een van die sleutelfigure in die vlieglisensieskandaal en haar vriendin helder oordag probeer kaap by 'n private skool in Pretoria.

Die vier mans kon egter net daarin slaag om met sowat R40 000 en reisdokumente weg te kom.

Volgens mnr. Colin Weir het hy Vrydagmiddag sy dogter Genevieve en haar vriendin by die laer skool by Crawford College gaan haal. Die kinders het in sy motor gewag terwyl hy die onderwysers gaan groet het. Die gesin sou gisteraand na Australi' ge'migreer het.

"Hulle was net enkele minute alleen in die motor toe hulle skielik gillend aangehardloop kom en sê dat vier mans die aktetasse uit die motor gesteel het. Die mans het eers gevra waar ek is en toe die tasse met die geld en al ons reisdokumente gegryp. Toe hulle sien daar is nie 'n sleutel in die motor nie, het hulle die regteragterwiel met 'n mes stukkend gesteek," het Weir gistermiddag vertel.

Terwyl die mans besig was, kon die kinders daarin slaag om weg te hardloop.

Weir en mnr. Manie Esterhuizen het onlangs 'n deurslaggewende rol gespeel in die opspraakwekkende ondersoek na die beweerde koop en verkoop van eksamenvraestelle vir vlie'nierslisensies.

Sedert dié ondersoek vroeg in Mei begin het, het Esterhuizen al verskeie doodsdreigemente ontvang.

Volgens Weir het hy die geld gaan trek kort voordat hy die twee meisies by die skool gaan haal het.

"By die skool is daar twee stelle veiligheidswagte. Die rowers het desondanks by die veiligheidswagte verby gekom, die geld gesteel en is weg sonder dat iemand iets gedoen het om hulle te keer.

"Dit wek groot kommer, want daar is ook talle kinders van personeel van ambassades en die Verenigde Nasies in die skool. Die veiligheidsopset is juis daarop gemik om mense wie se kinders teikens van ontvoering kan wees te beskerm."

Weir het eers gedink die voorval Vrydag was net 'n rooftog, maar Saterdag is die gesin tydens 'n inkopietog na vier verskillende winkels deur 'n blou BMW agtervolg. Hulle het die registrasienommer laat nagaan, maar dit is blykbaar 'n vervalste nommerplaat.

Dieselfde blou BMW het Esterhuizen ook al agtervolg.

Weir en sy gesin word sedert Vrydagmiddag deur die polisie opgepas.

Weir, 'n lugvaartkenner, was ten nouste betrokke by die ondersoek na mnr. Trevor Abrahams, geskorste kommissaris van die burgerlugvaartowerheid (BLO), verskeie werknemers van die BLO en ses vlie'niers wat die laaste tyd aangekla is van beweerde korrupsie, bedrog en oortredings van lugvaartregulasies.

Dit was nadat mnr. Louis Maloma, 'n gewese vlie'nier van SA Airlink, vroe'r vanjaar in 'n be'digde verklaring aan die polisie beweer het vlie'niers het eksamenvraestelle gekoop.

'n Paneel wat intussen deur die minister van vervoer aangestel is om die probleme in die BLO te ondersoek, het onder meer bevind dat daar onre'lmatighede met die toekenning van Abrahams se vlieglisensie was.

Daar is besluit dat 'n verdere paneel van ondersoek aangestel gaan word om die vrae om 'n vliegongeluk by die Randse lughawe waarby Abrahams betrokke was, verder te ondersoek.

Nuwe inligting wat Weir ontvang het, dui daarop dat ander vliegongelukke ook ter sprake kan wees.